WEET JY fOKKOL OOR fOKKOL

ONS IS fOKKOL

fOKKOL het in die Karoo begin, waar Johann, ons pa, gesê het daar is fOKKOL vir dae, ons moet eerder fOKKOL aan mense verkoop. Met daardie grappie het ons broer, Divan, die maatskappy as student in Potchefstroom begin. Kort daarna het ons suster, Zelise, wat vandag die CEO is, die handelsmerk na die volgende vlak geneem tot waar ons vandag is. Ons pa het vir ons net twee reëls gegee: Geniet dit en maak 'n verskil. Dit is waarvoor ons elke dag werk.

Die handelsmerk fokus nie op net een teikenmark nie, maar op almal wat daarvan hou om grense te verskuif en pret te hê. Ons bied alles aan – van ons kinderreeks, wat binnekort bekendgestel word, tot 7XL vir die ooms – alles in unieke ontwerpe en merchandise van die hoogste gehalte.

Ons is hier om almal te laat glimlag en fOKKOL te laat voel. ‘n Goeie sin vir humor kos jou fOKKOL!